Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se braaibroodjie kampioen is Louis Pieterse en sy kinders Zian en Milah.
Hulle was deel van vyf finaliste en het Saterdag aan die Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie kompetisie deelgeneem.
FOTOGALERY: Braaibroodjies-Kompetisie opwinding en die wenner
Die geleentheid het by die ATKV Koswerf restaurant op Hartenbos plaasgevind.
Dit was nie net die Pieterses se voorlegging nie, maar ook die heerlike bestanddele wat die beoordeelaars oortuig het dat hulle die wenspan is.
Louis en sy kinders se braai-broodjie het met vier punte teenoor die tweede plek, Pauli Pretorius gewen.
Die Pieterses het suurdeegbrood gebruik en hulle bestanddele het basiliekruid, tamatieblatjang, rooi uie en mozzarella kaas ingesluit. Hulle het ook vir die beoordelaars 'n keuse van sampioen-sala of olyftapenade gegee. Hulle het 'n totaal van 98 punte vir hulle braaibroodjie gekry.
Pretorius was kort op hulle hakke met haar tuisgebakte brood waarin sy onder meer borrie as 'n bestanddeel gebruik het.
Die gasbeoor-delaar, voormalige voorsitter van Round Table 32, Paul Hoeksema het oor die wenspan se braaibroodjie gesê: Hulle het ongelooflike gees getoon en die balans tussen die bestanddele was perfek. Die smaak was voortreflik."
Die Pieterses het 'n naweek vir vier geborg deur ATKV Hartenbos gewen asook 'n kunswerk van keramiekkunstenaar Minda du Plessis.
Die Advertiser bedank ook die volgende borge: Matt and Collin's Pizzeria and Food Bar, Botlierskop, Brink & De Bruin Oogkundiges, ATKV Hartenbos, Gastao's Quality Foods, kunstenaar Zandra Klapwijk, kunstenaar Minda du Plessis, CP Craft Coffee Roasteries, SSK Agriland en Albert Wiffen.
Pauli Pretorius het die tweede plek verower, Adele Cornelissen was derde, Jacolean West vierde en die vyfde posisie is deur Clarice Andries ingeneem.
Pauli Pretorius het die tweede prys verower.
Clarice Andries het ‘n heerlike braaibroodjie gemaak met onder meer sampioene in. Hier is sy saam met joernalis en subredakteur, Linda Sparg.
Adele Cornelissen het ‘n derde plek gekry.
Mossel Bay Advertiser joernalis en fotograaf, Jannie du Plessis was een van die beoordelaars. Du Plessis het aan die finaliste gesê 'n braai-broodjie moet nie net binne perfek wees nie, maar die buitekant moet ook reg gebraai word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’