MOSSELBAAI NUUS - By 'n onlangse vergadering op Hartenbos, het gemeenskapslede hul ontsteltenis oor parkering by die Seefront uitgespreek.
Die Mossel Bay Advertiser het 'n navraag aan die sentrumbestuur van Hartenbos Seefront ('n privaatorganisasie) gerig oor die kwessie.
Sentrumbestuurder, Denise Lloyd, sê Hartenbos Seefront voldoen aan die vereiste rondom parkering.
"Daar is bykans 300 parkeerplekke. Gedurende vakansieperiodes neem die verkeer so toe dat ons die booms moet gebruik om vir almal, insluitende ons plaaslike inwoners, 'n billike geleentheid kan gee om hul inkopies te doen. Tydens die 2022/23 seisoen het ons tot 1 500 motors per dag deur die hekke gehad."
Dit is egter hul plan om bietjie verligting te bring vir dié vakansie.
"Goeie nuus is dat ons gedurende die komende seisoen so bykans 90 ekstra tydelike parkerings, in die omgewing van die Walvis Saal, sal voorsien."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’