MOSSELBAAI NUUS - Die departement van basiese onderwys se omstrede omvattende seksuele onderrig-kurrikulum of OSO, het die land aan die gons. In die afgelope paar weke het die debat opgevlam op talle mediaplatforms. Die ACDP het die Mossel Bay Advertiser genader en inisiatief geneem om 'n persverklaring hieroor vry te stel ten einde bekommerde ouers te bemagtig.
Cornelle Carstens van die Advertiser het ook met hulporganisasies wat met die jeug werk gesels.
ACDP-Mediaverklaring:
ACDP vra ouers om op te tree.
Die ACDP doen 'n beroep op alle ouers, onderwysers en ander belanghebbendes om hulself in te lig rakende die inhoud van die omvattende seksuele onderrig-kurrikulum (OSO) wat die onderwysdepartement vanaf Januarie volgende jaar in ons skole voorstel.
Hierdie program is hoofsaaklik ontwerp deur die aborsie-agentskap Planned Parenthood in Amerika en word deur UNESCO op lande afgedwing.
Die departement van basiese onderwys stel in Januarie 2020 die omvattende seksualiteitsprogram in skole bekend. Dit doen hulle met minimum insette van ouers of ander belanghebbendes.
Die departement beweer dat dit 'n poging is om tienerswangerskappe en die verspreiding van MIV te voorkom, maar hierdie kurrikulum het wêreldwyd nie 'n positiewe uitwerking op die seksuele keuses en gedrag van kinders gehad nie. In die werklikheid toon dit negatiewe gevolge vir die deelnemers, wat 'n toename in seksuele inisiasie, seksueel oordraagbare siektes, verkragting, afname in kondoomgebruik, ens insluit. Let ook daarop dat volgens die departement se eie middellynassessering van die sukses van die loodsprogramme en hul seksopvoedingsprogramme in skole sedert 2010 erken die departement dat die programme nie die gewenste resultate behaal het nie. Dit blyk uit die feit dat die persentasie van seksueel oordraagbare siektes, MIV en tienerswangerskappe aanhou styg en dat waar die swangerskapskoers afgeneem het, dit toegeskryf word aan die beskikbaarheid van aborsiedienste.
Grafies en aggressief
OSO is 'n grafiese en aggressiewe program wat kinders leer dat hulle seksuele regte het, en in plaas daarvan om biologiese seksopvoeding te bied, normaliseer dit alle seksuele gedrag en leer dat geslagsidentiteit vloeibaar en veranderbaar is. Kinders word geleer dat biologiese geslagsdele nie hul geslag bepaal nie en dat hul seksuele voorkeure hulle reg is. Ouers wat nie met die inhoud van die lesplanne saamstem nie, word gebrandmerk as mense met "vooroordele". Opvoeders word ook aangesê om nie die inligting wat 'n kind met hulle deel, aan ouers bekend te maak nie sonder die uitdruklike toestemming van die kind nie.
Ongelukkig het die departement van onderwys nie deursigtig opgetree nie. Hulle het die grafiese inhoud van die kurrikulum aanvanklik ontken, maar hul woordvoerder het toe tydens 'n radio-onderhoud met die ACDP erken dat masturbasie, orale en anale seks sowel as aborsie geleer sal word as metodes om swangerskap te vermy. Dit is nou weer bevestig nadat die ACDP daarop aangedring het om die werklike boeke en skriftelike lesplanne te sien.
Daarbenewens sal kinders geleer word dat indien 'n ander kind hulle seksueel benader, hulle 'n "kompromie" moet soek wat albei partye gelukkig sal maak.
Die instruksies aan onderwysers is dat kinders aan rolspelaktiwiteite moet deelneem en dat dit nie voldoende sal wees as kinders scenarios in hul boeke skryf nie.
Ondanks die waarskuwing van die ACDP aan die publiek in Julie 2018 oor die naderende implementering van hierdie radikale seksuele agenda en hul versoek aan ouers en ander belanghebbendes om die departement in hierdie verband te nader, het die departement van onderwys voortgegaan om die kommer van die burgers te ignoreer. Die ACDP het sedertdien spesifieke inligting bekendgestel aan belangegroepe vir burgers wat gehelp het met die verspreiding van die materiaal en die waarskuwing van die grafiese inhoud van die kurrikulum. Verslae in nasionale koerante het die grafiese aard, sowel as die ideologiese inhoud bekendgemaak. Hierdie kurrikulum ignoreer die tradisionele, kulturele en godsdienstige konteks waarin seksuele gedrag gewoonlik geleer word.
Dring aan op regte
Die ACDP glo dat kinders opgelei moet word met toepaslike ouderdomsmateriaal en met biologiese inhoud. Hierdie kurrikulum is egter nie eenvoudige seksopvoeding nie, maar 'n radikale program wat nie geskik is vir Suid-Afrikaanse kinders nie. Dit oortree in die ouer- en kindverhouding en respekteer nie die regte van ouers om hul kind op te voed rakende seks en seksualiteit nie, asook die morele konteks van seksuele aktiwiteite.
Aangesien die departement nie wyd met ouers gekonsulteer het nie, doen die ACDP 'n desperate beroep op ouers om beslissend op te tree.
Stuur 'n e-pos aan die onderwysdepartement vir die aandag van mnr Elijah Mahlanga by mhlanga.e@dbe.gov.za of dr Rufus Polia by polia.r@dbe.gov.za of kontak u plaaslike skoolhoof en voorsitter van die skoolbeheerliggaam om u kommer te kommunikeer sowel as u versoek dat die skool nie OSO-onderrig moet aanvaar nie. Dring aan op u reg om te weier om u kind aan hierdie program te laat deelneem.
Youth workers speak out
In light of the controversy regarding the Department of Basic Eudcation's planned rollout of the Comprehensive Sexuality Education (CSE) curriculum, the Mossel Bay Advertiser approached several youth workers to ask their opinions on it.
Those who participated, requested anonymity due to the sensitivity of the issue and because of their work in local schools.
Although a highly contentious issue, youth workers interviewed felt that the bigger picture had to be considered. They pointed out that one of the major problems is teenage pregnancy and considering this, they believe that the curriculum could bridge a gap not being filled by parents.
"Parents are not talking to their kids. They are therefore not aware of what their kids are doing."
This knowledge is based on numerous dialogues hosted with Grade 8 learners at local schools, discussing topics such as negotiating safe sex. "During these dialogues, you listen without moving a muscle regardless sometimes of how you feel inside, upon hearing these stories. It is an eye opener."
The interviewees said that children need the right information. They believe that parents will benefit from educating themselves in order to better equip their children. "The problem comes when children start doing things in secret. Due to fear of judgement, they don't go to clinics to seek advice. If you can abstain, which is the first choice, wonderful. But if not, there needs to be a place for open communication."
As much as the group were generally positive about information regarding sexual education being shared more openly, they were of the opinion that the bottom line should be promoting healthy relationships. "We believe one of the key questions that should be asked is how this will be taught in schools and who will be responsible for tuition." To them, choosing the right person as the educator, is vital.
"We also believe that this is more than anything an opportunity for parents to take charge of the situation and engage with the school, with other parents and mostly with their children. There are many ways to use this as a positive catalyst in bringing change."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'