DANABAAI NUUS - ’n Danabaai-inwoner is naarstigtelik op soek na haar splinternuwe Alaskan Malamute-hond wat Maandag, 16 Junie, vanuit Proteaweg vermis geraak het.
Die hond, Nevada (5), het vroeër daardie dag vir die eerste keer na Danabaai gekom nadat Elbie van der Merwe hom en sy sussie by ’n teler in Johannesburg gekoop het.
“Hy het uit die kar geklim en vir iets geskrik, en toe in die groenstrook naas die pad verdwyn. Hy is vreemd en ken nie die omgewing nie,” sê Van der Merwe.
Sy sê Nevada is baie vriendelik en saggeaard.
Van der Merwe sê hulle soek oral na Nevada, en het ook intussen hommeltuie in die lug opgestuur om hom te help opspoor.
Nevada het ’n dik blou halsband om sy nek.
Enigeen wat hom gewaar kan Van der Merwe by 082 990 0614 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’