MOSSELBAAI NUUS - "Die EFF groep in Danabaai wag vir lede van omliggende dorpe om dan elders te vergader. Geen gevaar. Hulle is vreedsaam en wag net daar. Situasie word gemonitor deur SAPS, buurtwag en verkeer.
Mosselbaai Munisipaliteit doen 'n beroep op kalmte. Die EFF het die stadsaal bespreek om daar te vergader. Dit is dan ook al wat sal gebeur. Die situasie word gemonitor en is ten volle onder beheer." sê Thys Giliomee, Mosselbaai Munisipale bestuurder.
Die JOC/GOS is inplek en alle nodige rolspelers monitor die gebied. Alles is rustig.
Inwoners kan ontspan, indien enige verwikkelinge sal Buurtwagte hulle inwoners onmiddelik kontak. Dankie vir julle hulp in die verband.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'