ALBERTINIA NUUS - Verskeie geestelike leiers op Albertinia het Sondag, 13 Junie in die Tabernakel bymekaar gekom om die aangesig van die Here te soek en waar gebedsaksie vir dié dorp bespreek is.
Die onderskeie geestelike groepe sal elke twee weke een ekstra gebedsaak voor God bring.
Die sameroeper van die aksie, Sam Coetzee het 'n kort boodskap uit Handeling 12 gebring.
Rdl Liza Stroebel van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het burgemeester Memory Booysen verteenwoordig. Booysen is die voorsitter van die Garden Route Faith-Based Organisations forum (FBO).
Geestelike leiers en inwoners wat by die aksie wil inskakel, kan Coetzee kontak (083 309 9158).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'