MOSSELBAAI NUUS - Die Eden-fotografievereniging het tydens 'n klubaand op Maandag 13 Julie sy wenfotograwe vir Julie aangekondig.
Die seniorwenner was Pierre Jordaan, met sy natuurfoto, 'Mother's Love', terwyl die juniorwenner George Rautenbach met sy fotojoernalistieke inskrywing 'Just Out of Reach' was.
Die klublede is ook vereer deur die teenwoordigheid van Alan King, die Garden Route-direkteur van die Fotografie- vereniging van Suid-Afrika.
King het ook as die gasbeoordelaar vir die aand opgetree.
Belangstellende fotograwe word hartlik uitgenooi om die klubaande as gaste by te woon.
Dit vind op die tweede Dinsdag van elke maand by die Diaz-hotel in Mosselbaai, in die Bahia Bleu-konferensiekamer plaas.
Navrae: Johan van Aarde by 084 760 0602.
George Rautenbach se fotojoernalistieke inskrywing, Just Out of Reach.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’