Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die gewilde Eco-avontuur waar stappers en hardlopers jaarliks sowat 5km van die St Blaize-wandelpad aandurf is 'n groot gunsteling onder plaaslike inwoners sowel as besoekers.
Wat die gebeurtenis so spesiaal maak is dat bekende Mosselbaaiers wat aan Kanker afgesterf het, vereer word.
Die pragtige medaljes wat deelnemers kan bekom, word elke jaar spesiaal laat maak met die persone se name as nagedagtes op.
Hierdie jaar is Ronald Phillipson asook Paul en Geraldine Baile op hierdie wyse vereer.
Die inskrywings gelde is ten bate van Kansa.
Herman, Johan, Ronel en Peter saam met Pierre (Agter) wat al die afgelope 19 jaar saam met Kleintjie die geleentheid koordineer.
ARTIKEL & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'