MOSSELBAAI NUUS - Tydens 'n gesamentlike operasie tussen die Da Gamaskop-polisie en die KwaNonqaba-polisie die afgelope week is dwelmsmouse 'n gevoelige slag toegedien toe onder meer 150 sakkies dagga gekonfiskeer is.
Die polisiestasie se kommunikasiebeampte, sersant Kapp het die betrokke polisielede met die vonds gelukgewens.
"Dagga is dikwels die eerste dwelmmiddel waarmee veral jongmense in aanraking kom.
"Dit kan aanleiding gee tot 'n groter dwelmafhanklikheid wat in baie gevalle tot misdadigheid lei wanneer dwelmgebruikers hulle tot diefstal en selfs roof wend om dwelms te kan bekom."
KwaNonqaba-polisie se bevelvoerder van sektor 1, sers Norman Cupido, tel die sakkies dagga wat gekonfiskeer is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'