MOSSELBAAI NUUS - 'n Dwelm-operasie is op Donderdag, 13 Oktober in Da Gamaskop en by die Mosselbaai taxi-staanplek uitgevoer. Die operasie het vanaf 07:00 tot 09:00 geduur.
Volgens die polisie se kommunikasiebeampte, ao Pieter Koekemoer is daar beslag gelê op onder meer dwelms en vermoedelik gesteelde goedere.
Een verdagte is by die taxi-staanplek in hegtenis geneem en nog verdagtes is by Da Gamaskop in hegtenis geneem.
Die operasie was 'n gesamentlike poging deur die Da Gamaskop- en Mosselbaai-polisiestasies asook die Tuinroete-misdaadbekampingspan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'