MOSSELBAAI NUUS - Die Droogtehulp met Burre Burger NPC doen ’n beroep op die gemeenskap om boere in die Mosselbaai-omgewing met skenkings te ondersteun.
Die uitvoerende hoof van dié maatskappy, Burre Burger, het gister, Donderdag, 18 Desember ’n plasing op sosiale media gedeel waarin hy die droogte situasie op Mosselbaai-plase met foto’s uitlig.
“Dit is hoe dit lyk buite Mosselbaai… Ek het by SSK Mosselbaai ’n prys van R252 vir ’n 50kg sak mielies gekry. Ons wil graag teen Vrydag (19 Desember) ’n vrag koop wat uitgedeel sal word aan die veeboere.”
Burger sê ’n boer naby Herbertdale is hulle sentrale aflaaipunt. Hy sê ook droogtehulp is ’n deurlopende proses, so daar sal ook ná vandag nog hulp volg.
Verskillende skenkingsopsies en -besonderhede is op die die maatskappy se webblad beskikbaar: Droogtehulp met Burre Burger NPC
Skenkers moet hul eie selfoonnommer as verwysing gee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’