'n Klomp boere van George en die Tsitsikamma, Patensie, Hankey en Humansdorp het reeds voerbale gereed. In die Tsitsikamma is daar ongeveer 1 000 voerbale wat reg staan om gelaai te word en in die George-omgewing sowat vyf vragte.
Nico Gerber van die Gerber-boerdery op Hoekwil sê hulle het dringend vervoer nodig en doen 'n ernstige beroep op vervoermaatskappye of besighede wat vervoer kan borg.
"Ons probeer om sover moontlik oral te help waar daar nood is - Olifantshoek, Noordwes, Kalahari, Limpopo asook van Bloemfontein af na Bethlehem toe, vanwaar die ouens dit verder na Natal kan versprei."
'n Kontrakteur van die Tsitsikamma, Estiaan van Zyl, wat aangebied het om op plase waar boere geskenk het te sny en te baal, sê die boere het goeie oeste gehad en daar is genoeg voer om weg te gee.
'n Facebookblad, Boere in Nood is gestig om te help om die proses te dryf.

'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo, Hessequa nuus'