MOSSELBAAI NUUS - 'n Twee-en-twintigjarige man wat vir beweerde dronkbestuur van die pad afgetrek is, het ook 'n onwettige vuurwapen in sy besit gehad.
Die voorval het op 10 Maart om 22:45 in Marshstraat, Mosselbaai plaasgevind.
Volgens die polisie het 'n verkeersbeampte die voertuig, wat nie agterligte gehad het nie, van die pad af getrek.
"Die bestuurder is deursoek en 'n ongelisensieerde vuurwapen is in sy besit gevind. Hy het ook dadelik erken dat daar nie 'n lisensie vir die vuurwapen is nie," sê die Mosselbaai-polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer.
Die verdagte, wat in KwaNonqaba woon het intussen in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op aanklagte van dronkbestuur en die onwettige besit van 'n vuurwapen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'