GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek 'n saak van besigheidsroof nadat 'n spazawinkel in Wolwedansweg gistermiddag net voor 17:00 op Wolwedans beroof is.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha, sê drie mans het het die winkel met voorwerpe betree en die eienaar met die dood gedreig.
Die eienaar het egter gevlug en die polisie is gekontak. Twee van die verdagtes is op die toneel deur 'n getuie uitgewys en is in hegtenis geneem. Die derde verdagte het van die toneel gevlug.
Dié twee verdagtes op die toneel was in besit van twee twee-liter koeldranke, twee pakkies sigarette, vyf pakke skyfies, en twee Tropika-koeldranke.
'n Voertuig wat op die toneel deur getuies uitgewys was, is deur die polisie gekonfiskeer en na die stasie geneem. Die derde verdagte het na die polisie gegaan om sy voertuig, wat deur die polisie op die toneel gevind is, te gaan haal en is by die stasie deur die polisie in hegtenis geneem. Die drie verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn vir gewapende roof.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’