GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie het verlede week ’n reeks suksesvolle operasies deur middel van deursoekingslasbriewe geloods.
Die polisie het inligting oor twee verskillende persele ontvang.
By die een, in Wolwedans, is 53 Mandrax-pille en 10 g tik gekonfiskeer, en twee mense is in hegtenis geneem. By die ander, op ’n plaas in die Buffelsdrift-omgewing, is 313,9 L drank gekonfiskeer en een arrestasie gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’