MOSSELBAAI NUUS - Dr David Malan, geliefde tandarts wat die Mosselbaaise gemeenskap 40 jaar gedien het, verhuis eersdaags na Montagu. Hy het as tandarts gepraktiseer, eers by die Mosselbaai provinsiale hospitaal en daarna in privaat praktyk.
Dr Malan het tot hy 85 jaar oud was, gepraktiseer. Hy is tans 94.
Na die afsterwe van sy vrou, het die familie dit goedgedink dat hy voortaan in Montagu by van sy kinders sal tuisgaan.
"Ek wil nie graag vir Mosselbaai tot siens sê nie, maar dit is tyd. Baie dankie vir jarelange ondersteuning en wees gegroet."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'