MOSSELBAAI NUUS - Dis Makietie op Mosselbaai en by die feesarena word heerlik gekuier.
Plaaslike en nasionale musieksterre van formaat vermaak die groot skare.
Daar is benewens uithalermusiek talle stalletjies waar die lekkerste eet en drinkgoed beskikbaar is.
Die Rotariërs se biertuin word goed onderdteun en daar is selfs vir die wynfynproewers heerlike plaaslike wyne beskikbaar.
Feesgangers kry kans om Kwêla-aanbieder Therese Benade te ontmoet.
Die kameras rol vir 'n feesinset op die program.
Groot glimlagte tydens die Dorp van die Jaar-makietie!
Dit gons, die gees is groot, Mosselbaai is Dorp van die Jaar!