MOSSELBAAI NUUS - Vroue-organisasie, Die Dameskring het op 5 Desember tydens ‘n aandoenlike byeenkoms hulde gebring aan dr Liana Roodt, die stukrag agter Project Flamingo.
Roodt het dié nie-winsgewende organisasie in 2010 tot stand gebring vanweë haar passie vir borschirurgie.
Die organisasie spreek die uitdagings van borskankerpasiënte in die openbare gesondheidsektor aan. Roodt is vanjaar aangewys as Die Dameskring se Vrou van Formaat 2020.
Die toekenning is in die teenwoordigheid van ‘n groep lede van Die Dameskring tydens ‘n glansgeleentheid wat in Sinksabrug buite George gehou is, oorhandig.
Dameskring-lede van regoor die land het die geleentheid bygewoon en Roodt staande toegejuig tydens die oorhandiging van haar toekenning.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'