Hier het hulle onlangs daarin geslaag om 'n nonnetjiesuil wat deur die publiek by hulle aangebring is, groot te maak en te leer jag. Noudat die uiltjie selfversorgend is, het hulle 'n uilhok opgerig waar die uiltjie heerlik tuis was. Hulle sien die uiltjie nog wanneer daar gejag word, maar dis glad nie meer van mense afhanklik nie.
Die ou bouvallige geboutjie by Fransmanshoek is weer opgeknap en word tans vir uitstallings van allerhande interessanthede, onder meer 'n ou kanon en verskeie skedels, gebruik. Dit sal vir die publiek per afspraak toeganklik wees.
Intussen gaan die gereelde strandpatrollies voort, waartydens gewaak word teen onwettige stropery van seelewe, en gelet word op seediere wat straks op die strand kon beland en in die moeilikheid mag verkeer.
Hierdie dienste is van onskatbare waarde vir die voortbehoud van die ongerepte strandgebied by Fransmanshoek en omstreke.

Veldwagter Roland Scholtz en intern Ruan Matthee maak gereed vir die lang inspeksietog al langs die kus om te waak teen stropers en te let op beseerde of gestrande seelewe. Foto: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'