Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die gees kook behoorlik soos wat die duisende motorfietsryers hul pad na die ATKV Hartenbos maak.
Mosselbaaiers het in groot getalle reeds by die Buffers van regoor die land aangesluit vir n naweek van ongekende pret.
Tientalle ryers staan nog in rye om kaartjies te koop vir die kampplekke, maar daar is bykans nie plek vir die spreekwoordelike muis nie.
Die vure brand reeds in die kampterrein en daar word reggemaak vir kuier tot laat toe.
Daar word vroeg reeds reggemaak vir lekker eet en kuier.
Rye vol Buffers wag op laat-inskrywings.
Lees 'n vorige artikel hier: Buffalo Rally is officially open
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'