MOSSELBAAI NUUS - Peter Lambert, die Distrikapostel van Suid-Afrika, het Sondag, 11 Mei, Mosselbaai besoek en 'n pragtige kerkdiens by Ridgeview Primêre Skool gelewer.
Lambert (61) is nie 'n vreemdeling vir Mosselbaai nie - sy ouers het van Kaapstad hierheen verhuis, en hy het aan Hoërskool Sao Bras gematrikuleer.
"Dit is 'n groot vreugde om hier te wees," het hy Sondag gesê.
Hy beskou Mosselbaai as sy moederdorp. Hy sê alhoewel dit nie so beplan was nie, het die terugkeer op Moedersdag dit vir hom meer spesiaal gemaak.
Lambert is in 2023 as Distrikapostel van Suid-Afrika verkies. Voor sy aanstelling is hy in 2015 as 'n apostel georden, en in 2022 is hy as 'n distrikapostelhelper aangestel.
As Distrikapostel van die Streekskerk Suider-Afrika is hy verantwoordelik vir Botswana, die Falklandeilande, Lesotho, Madagaskar, Mauritius, Mayotte, Mosambiek, Namibië, Réunion, Seychelle, Sint Helena, eSwatini en Suid-Afrika.
Peter Lambert (voor tafel) het heerlik saam met die Mosselbaai-gemeenskap gekuier. Foto: Dexter Brinkhuis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’