MOSSELBAAI NUUS - Jocelyn Engelbrecht (5) is 'n meisie met groot drome.
Haar droom is om eendag 'n brandbestryder te word.
Neels en Abigail Engelbrecht, die toekomstige brandbestrydertjie se ouers, sê Jocelyn het reeds as 2-jarige belangstelling in dié veld begin toon.
Jocelyn se ouma het haar aangemoedig aangesien sy self 'n brandbestryder was.
Sedertdien het Jocelyn aansienlike belangstelling in brand-en-redding getoon.
Jocelyn saam met die Mosselbaai-brandbestryders.
Jocelyn is onlangs genooi om die dag by die Mosselbaai-brandweer deur te bring.
Sy het die geleentheid gehad om die dag saam met haar helde te spandeer en hulle met vrae te bestook. Sy het ook in 'n brandweerwa gery en 'n veels te groot uniform aan getrek.
Jocelyn en haar gesin wil dankie sê aan die Mosselbaai-brandweer, wat 'n ongelooflike herinnering vir dié jong ondersteuner geskep het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’