MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai ondersoek 'n saak van huisbraak nadat daar vanuit 'n woning by die Kenani-aftreeoord gesteel is.
Die voorval het die afgelope naweek in Betastraat, Heiderand plaasgevind.
Voorlopige inligting dui daarop dat slegs 'n televisiestel tydens die huisbraak gesteel is. Die polisie volg tans leidrade op.
In 'n afsonderlike voorval op Sondag, 8 April is 'n handsak, sonbrille en sleutels vanuit 'n woning in Seringstraat, Heiderand gesteel. Volgens inligting het die verdagte toegang tot die huis, deur 'n oop skuifdeur verkry.
'n Saak van diefstal word ook ondersoek nadat tuinstoele op Sondag, 8 April vanuit 'n agterplaas in Mopaniestraat, Heiderand gesteel is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'