MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisiestasie op Mosselbaai soek steeds na 'n bestuurder wat 'n voetganger in 'n tref-en-trap-ongeluk doodgery het.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om na vore te kom deur konstabel Richard Nomga van Da Gamaskop te kontak (044 606 2213 of 079 893 9934).
Die voetganger, Elsie Paulse (41) is op Saterdag, 15 Februarie deur 'n motor naby Ruiterbos, op die pad na Oudtshoorn, getref.
Die vrou het 'n swart en grys baadjie en 'n pienk top onder 'n grys T-hemp aangehad. Sy het ook swart jeans en blou en wit sokkies gedra.
Sy is op die toneel dood verklaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’