REEBOK NUUS - Hier op Mosselbaai geniet ons 'n heerlike Somerkersfees; en sekere inwoners se versierings weerspieël presies dit!
Reebok-inwoner, Jenny Bunyan, se huis in Blouwilde-beesstraat is een só huis. Kersvader het miskien besef hy gaan nie in sy wintersjas hiér oorleef nie.
Soos hy is Bunyan se tuin staan, bestaan sy uitrusting onder meer uit 'n kortbroek, t-hemp, plakkies én 'n sonbril.
Op daardie sonnige noot, wens Mossel Bay Advertiser elkeen van ons lesers 'n geseënde feesseisoen toe.
Ons kantore het op Vrydag, 20 Desember gesluit. Kom maak gerus 'n draai in die nuwe jaar wanneer ons weer op 6 Januarie die deure oopmaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’