MOSSELBAAI NUUS - Groot Brak Primêr se skoolhoof en personeel is trots op hulle eie potjiekos-kampioen.
Op Saterdag, 13 April 2024 was daar 'n potjiekoskompetisie by die plaaslike hoërskool waar Groot Brak Primêr se juffrou Mirna van Haght met die louere weggeloop het.
Juffrou Van Haght het haar beskikbaar gestel om die potjie te maak asook die skool te gaan verteenwoordig.
"Sy het die monde laat water met haar unieke potjiekos-tegnieke. Ons skool familie is baie trots op haar wat die beker 'huis toe' gebring het."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’