MOSSELBAAI NUUS - Tannie Rita Swart het Dinsdag, 24 April Klein-Brakrivier VLV-tak se bymekaarkom geopen met die deugde van 'n goeie vrou uit Spreuke 31 vanaf vers 10.
En was dit nie gepas nie, want soos altyd het die vroue alles uitgehaal. Hierdie keer was dit die Leefstyl portefeulje onder leiding van Miens Willers, wat die lede en gaste met 'n verskeidenheid aanbiedings verras het.
Fritz en Anneke van Black Vanilla het 'n informele modeparade aangebied om die stylevolle vrou 'n paar nuwe idees vir die klerekas te gee.
Tannie Heleen Swanepoel (wat die vorige maand 'n allemintige 90% vir 'n uitstekende kwilt-inskrywing in die kompetisie gekry het), het hierdie keer kom wys hoe om materiaal blomme te maak. Sy het ook vertel van 'n gebreide kralehandsakkie werkwinkel, wat binnekort gaan plaasvind.
Delville du Plessis, het so 'n uitstekende braaivleistafel gedek, al wat gekort het, was die braaivleis!
Waar is die braaivleis?
Fritz (Black Vanilla) met haar 'Swing Top'.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'