MOSSELBAAI NUUS - Volgens Artikel 36 van die Regswysigingswet, Wet 62 van 1955, is die besit van vermoedelik gesteelde eiendom 'n misdryf.
Artikel 37 van dieselfde wet verklaar ook die ontvangs van vermoedelik gesteelde eiedom, ingevolge sekere vereistes, tot 'n misdaad.
Tóg vind mense dit onweerstaanbaar om by 'n "goeie kopie", oftewel 'n bargain, verby te loop.
Een so 'n onweerstaanbare kopie was die bondels Watsonias wat die afgelope naweek, knol en al, op Floraweg naby die aansluiting met Louis Fourieweg langs die pad te koop aangebied is.
Na bewering is hierdie plante uit privaateiendom gestroop en is dit onwettig gesmous.
Dié baie opvallende spesie is in die 1770's deur die vroeë plantkundiges wat die Kaap besoek het, Anders Sparrman en Carl Thunberg opgeteken.
Watsonia is 'n genus van plante in die iris familie, subfamilie Rosoideae.
Watsonia is inheems aan Suider-Afrika. Die genus is vernoem na Sir William Watson, 'n Britse botanis van die 18de eeu.
Die idioom sê die deler is so goed soos die steler. Deur gesteelde goed te koop, word die koper medepligtig en net so skuldig soos die een wat dit gesteel het.
Die vraag is dus of die plantjie so 'n goeie kopie is as dit tot 'n kriminele rekord aanleiding kan gee?
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'