MOSSELBAAI NUUS - Die Arbeidsbediening het hulle afsluitingsfunksie vir professionale firmas en vriende op 7 Desember in die NG Moedergemeente gehou.
Ongeveer 150 mense het die geleentheid, waar die sanger Oscar Ehrensperger opgetree het, bygewoon. Ehrensperger het die boodskap gebring en die samesang gelei.
Die voorsitter van Arbeidsbediening, Blackie Swart het die sakelui teenwoordig vir hulle ondersteuning dwarsdeur die jaar, bedank. Pierre Lamprecht, die voltydse geestelike werker, het sakelui bemoedig vir die uitdagings wat moontlik in 2022 voorlê.
Chris Smit, wat al 30 jaar deel van Arbeidsbediening is het die program gelei. Sy vrou, Trudie het blomme aan Johan Nel, ondervoorsitter van Arbeidsbediening en sy vrou Chrisna oorhandig as 'n blyk van waardering vir die leidende rol wat die egpaar in die Arbeidsbediening se jaarlikse gholfdag speel.
Die doel van hierdie afsluitingsfunksie is om sakelui aan te moedig en hoop vir 2022 te gee.
"Met die Hemelse Vader se hulp en baie gebed, is dit Arbeidsbediening se visie om 'n groot verskil te maak in werksplekke in die jare wat voorlê," sê 'n woordvoerder vir Arbeidsbediening.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'