MOSSELBAAI NUUS - Top-atlete van die Eden-distrik het aan die Kwagga Top 10-atletiekdag, by Hoërskool Outeniqua in George, deelgeneem.
Die sportdag het op Vrydag, 11 Oktober en Saterdag 12 Oktober, plaasgevind.
Atlete van altesaam 27 hoërskole en 20 laerskole van regoor die Wes-Kaap en selfs die Oos-Kaap het vanjaar deelgeneem. Die laerskole was op die Vrydag in aksie terwyl die hoërskole op die Saterdag meegeding het.
Skole kom van die Tuinroete insluitend Mosselbaai, George en Hartenbos, maar ook van Paarl en Stellenbosch soos die Hoërskool Paul Roos en albei Paarl Girls High School en Paarl Boys High School.
Baan- en velditems is gedurende die naweek beslis en het ingesluit naellope, langafstande, hamergooi en paalspring.
Graad sewe leerder, Tyroyd Arendse van Diaz Primêr Skool, het Vrydag se 1,200 meter gehardloop en ook die rekord verbeter. Arendse het in die o.12-afdeling deelgeneem.
Ofskoon hy nog op laerskool en in die o.12-afdeling is, het Tyroyd Saterdag ook teen hoërskool-atlete gehardloop en 'n vierde plek behaal.
Skole van regoor die Suid-Kaap het aan die atletiekdag deelgeneem. Foto: Mari Zwiegelaar
Hy neem gereeld aan atletiekkompetisies deel en het homself bewys as 'n vinnige en vaardige hardloper.
Die jaarlikse Kwagga Top 10-atletiekdag het in 2019 ontstaan, en word beskou as een van die grootste atletiekbyeenkomste in die Wes- en Oos-Kaap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’