Update
MOSSELBAAI NUUS - Die SAPD het 'n verdagte in hegtenis geneem wat moontlik verbind kan word met 'n roof wat Sondagaand te Diasstrand plaasgevind het.
Polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie het sê vordering sal gerapporteer word.
Die verdagte is vanoggend, Dinsdag, 26 Februarie in hegtenis geneem vir ondervraging.
'n Groot polisiesoektog in samewerking met die Dias Buurtwag is Sondagaand van stapel gestuur na berigte dat twee vroue wat gaan stap het, in Karveelsingel aangeval is.
Die polisie het 'n groot teenwoordigheid gehandhaaf, en lede van die K9-honde-eenheid was ook op die toneel.
Die twee vroue is met 'n skerp voorwerp, vermoedelik 'n mes aangeval.
Polisiewoordvoerder ao Pieter Koekemoer het Sondagaand bevestig dat die polisie om 18:30 kennis geneem het van beweringe van 'n gewapende roof en polisielede na die area ontplooi het.
Lees 'n vorige artikel hier: Beweringe van gewapende roof in Diazstrand
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'