MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Onafhanklike Entrepreneursvereniging (OEV) bied elke jaar gedurende die Desember-vakansieseisoen drie aandmarkte aan. Een in Mosselbaai se hoofstraat en twee op Hartenbos.
Die datums van hierdie markte word nou reeds bekend gemaak sodat entrepreneurs wat staanplekke vir hul stalletjies wil bekom, daarvoor aansoek kan doen. Die datums is soos volg:
- 16 Desember: Mosselbaai-aandmark in Marshstraat
- 17 Desember: Hartenbos 1-aandmark in Kaap de Goede Hoopstraat, tussen Joubert Park en Allikreukel-woonstelblok
- 22 Desember: Hartenbos 2-aandmark in Kaap de Goede Hoopstraat, tussen Joubert Park en Allikreukel-woonstelblok
Vir enige navrae kontak Melanie (072 837 8803).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'