HARTENBOS NUUS - Op en wakker vakansiegangers het vanoggend, 1 April, ’n slang op die braaistoep van ’n vakansiehuis op Hartenbos gesien en plaaslike slangvangers ontbied.
Devon de Villiers sê dit is die 13de pofadder wat hy in ’n week van Hartenbos verwyder.
Die huis, wat naby die riviermond is, se eienaars was nie tuis nie.
Volgens De Villiers is ’n pofadder se gif sitotoksies, wat beteken dat dit die lewende weefsel wegsmelt.
De Villiers sê pofadders is volop in dié gebied weens plaagdiere, soos rotte en muise. “Pofadders is aktief in die aande.
Devon de Villiers kyk na die pofadder op 'n stoep by 'n woning op Hartenbos. Foto: Christiaan Stopforth
Hulle lê op die roete van ’n muis. Die slang kan ruik waar die muise is en dan hy stil en wag vir die muis om verby te kom. Dan byt hy die muis en vreet dit op.”
Hy sê indien jy op ’n pofadder afkom, dat jy dit nie moet probeer doodmaak nie.
“Dit is die vinnigste striking slang in Suid-Afrika, en die kans dat jy gebyt sal word terwyl jy die slang probeer doodmaak, is baie hoog.”
Indien jy op ’n slang afkom, skakel De Villiers by 076 781 0528.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’