MOSSELBAAI NUUS - ‘n Derde ongeluk die afgelope week waarin vragmotors betrokke was, het gisteraand, 27 Julie plaasgevind. Twee swaarmotorvoertuie was in die ongeluk op die N2 tussen Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier in die rigting van Groot-Brakrivier betrokke.
Beide voertuie het die ryvlak verlaat. Een vragmotor het sowat 10m onder die ryvlak teen die wal af op sy dak te lande gekom.
Die tweede vragmotor se agterkant het teen die sperreëling gestaan terwyl die voorste gedeelte na die onderkant van die wal gelê het.
Die ongeluk het net na 20:00 plaasgevind. Nooddienspersoneel is na die toneel waar die beseerdes behandel is. Die twee insittendes van die een vragmotor wat nartjies vervoer het, is het beserings opgedoen.
Die bestuurder van die ander vragmotor, ‘n sementtenkwa is ongedeerd. Die tenkwa van die vragmotor was leeg.
Drie ongelukke het binne een week sowat vyf kilometer uit mekaar op die N2 plaasgevind.
Die oorsake van al drie ongelukke is onbekend en word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'