MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se DBV-kadette van 2019 het onlangs hul balkies, sertifikate en T-hemde ontvang.
Die leerders het deur die jaar 'n intensiewe kursus by die DBV voltooi wat teoretiese en praktiese werk ingesluit het.
Die kursus is afgesluit met 'n eksamen en 'n besoek aan die DBV om 'n sterilisasie te aanskou.
Al die leerders wat die eksamen geskryf het, het geslaag.
Kyla Buitendach, Desiré Jansen van Vuuren, Jana du Pisani, Carla Meyer, Bonny-Lyle Young, Diné Ras en Ruan Roos het 'n hart vir diere.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'