HARTENBOS NUUS - Die verhitte swembad by die Hartenbos Seefront maak amptelik Vrydag 31 Julie weer oop.
Die ATKV Hartenbos het die opening vandag, Woensdag 29 Julie, in ’n verklaring bevestig.
“Ná dit vir ’n tydperk gesluit is, is die swembad nou gereed om weer gesinne, vakansiegangers en dagbesoekers te verwelkom,” lui die verklaring.
Mossel Bay Advertiser het in Maart vanjaar oor die heropening van hierdie fasiliteit berig, toe betrokke partye gesê het die herstelwerk was in die finale fases - dit is in September 2024 weens strukturele probleme met die dak gesluit.
“Ons sien ongelooflik daarna uit om hierdie geliefde fasiliteit weer aan ons gaste beskikbaar te stel. Die verhitte swembad was nog altyd ’n besondere trekpleister, veral gedurende die koeler maande,” sê Mornay Beukes, ATKV Hartenbos se oordbestuurder.
Só lyk die verhitte swembad nou. Foto: ATKV Hartenbos
Só lyk die verhitte swembad nou. Foto: ATKV Hartenbos
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’