MOSSELBAAI NUUS - Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Mosselbaai bied ‘n belonging aan vir enige inligting wat hulle kan help om die skuldige/s wat dassies by die Punt skiet, vas te trek.
Die DBV sê daar is die afgelope tyd minstens drie dassies geskiet. Die dassies is met 'n tipe pyltjie gewond.
Volgens die DBV is een dassie in die oog geskiet, ‘n ander in die agterlyf en nog een elders. Die DBV kon daarin slaag om twee van die dassies te vang en die pyle te verwyder.
Enigeen met inligting word versoek om die DBV te kontak by 072 287 1761.
Die dassies is met 'n tipe pyltjie gewond.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'