MOSSELBAAI NUUS - Moedersdag is vandag, Sondag, 11 Mei.
Ons het ses van Laerskool Diaz se leerders gevra waarom hulle hul moeders liefhet en waardeer.
Mbali Mothupi:
"Ek is baie lief vir my mammie. As dit nie vir jou was nie, sou ek nie skool toe gegaan het nie; ek sou nie kos of klere gehad het nie. Mammie is my alles."
Skye Arends:
"Dankie vir jou ondersteuning en motivering. Lief vir jou!"

"Ek wil vir my ma baie dankie sê dat sy my gevoelens respekteer. Sy maak my gunstelingkos en gee my stywe drukkies."
Leolin Grootboom:
"Ek waardeer my ma omdat sy my grootgemaak het."


"Dankie aan Mammie dat jy daar is vir al vyf van jou kinders, dat jy kos op die tafel sit en vir ons lief is. Alhoewel my pa nie daar was nie, het Mammie steeds 'n plan gemaak."
Shaneal Jansen:
"Ek is baie lief vir my ma, want sy is altyd daar vir my wanneer ek iemand die nodigste het."


‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’