Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Raadslid Marie de Klerk, wyksraadslid vir wyk 11, het ‘n behoefte gesien vir Covid-19-inentings in Danabaai aangesien baie van die inwoners logostieke probleme ondervind om by die onderskeie inentingslokale uit te kom.
De Klerk het gereël dat daar vandag, Maandag 19 Julie, ‘n eenmalige Covid-19-inentingsveldtog op Danabaai gehou word.
Meer as 100 plaaslike inwoners ouer as 50 jaar het reeds van vroegoggend af by die Danabaai-kliniek en die gemeenskapsaal byeengekom vir hul inentings.
Na ‘n klein misverstand oor die lokaal is almal ingelig dat die inentings by die Danabaai-gemeenskapsaal gaan plaasvind en het suster Shanneil Busch toegesien dat inwoners die nodige Covid-19-protokol handhaaf terwyl hulle geduldig gewag het om hul inentings te ontvang.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'