Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - As deel van Solidariteit se Helpende Hand-projekte is een daarvan om bejaardes te trakteer en veral met vrouemaand in gedagte is die tema die jaar 'Vat 'n bejaarde fliek toe'.
Maandag, 7 Augustus, is 15 bejaardes van Danabaai genooi na die Monroe-teater in Marshstraat om lekker saam met mekaar te kuier.
FOTOGALERY: 'Vat 'n bejaarde fliek toe'
Na 'n groep-fotosessie is die vroue binne die teater deur eienaars, De Waal en Joan Carstens, getrakteer met koffie, tee en lekker eetgoed waarna hulle teruggeneem is in tyd na die 1967 Jamie Uys film, Die professor en die prikkelpop.
Volgens Marlise Labuschagne, Suid-Kaap-streekorganiseerder van Helpende Hand, het Covid-19 die 'Vat 'n bejaarde fliek toe' bietjie gehalt, maar hulle beplan om jaarliks op die projek voort te bou. Nog 'n projek, 'Vat 'n oupa rugby toe' gaan ook eersdaag weer die lig sien.
Na die lekker saamkuier is al die bejaardes weer terug vervoer na Danabaai.
VIDEO - Danabaai bejaarde vroue met fliek getrakteer:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’