MOSSELBAAI NUUS - Groot-Brakrivier se polisiewoordvoerder, konstabel Laurianne Botha, het bevestig dat die kaper wat 'n vrou van Danabaai die afgelope Sondag vroegoggend by die verkeerskruising by die toegang na die woonbuurt gekaap het, gisteraand omstreeks 20:00 in Wolwedans gearresteer is.
Een verdagte het die polisie ontsnap, maar adjudant-offisier Gerhard Crause en reserviskonstabel André Terblanche het die gesteelde voertuig in die besit van die gearresteerde beskuldigde gevind.
'n Hoeveelheid Tik is ook in die proses opgespoor.
Lees 'n verwante artikel hier: Kapingsdrama by Danabaai-toegang
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'