Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Plaaslike inwoner van Danabaai en gereelde skubaduiker is dood nadat hy buite die water ná 'n duikuitstappie inmekaargesak het.
TP Townsend (69), het Woensdag 15 Januarie soos wat hy gereeld gedoen het,by Kaai 4 in die Mosselbaai-hawegebied saam met 'n duikmaat en verskeie ander duikers gaan duik.
Volgens die polisiewoordvoerder, sers Kappie Kapp, was sy toerusting reeds afgehaal toe hy skielik inmekaarsak.
Nooddienste is dadelik ontbied en paramediese personeel van ER24, By Grace en Metro EMS het vir bykans 30 minute lank gepoog om Townsend by te bring. Hy is egter later op die toneel dood verklaar.
Volgens inligting, beoefen Townsend reeds al 'n jaar lank skubaduik.
Die vermoede bestaan dat Townsend aan natuurlike oorsake van dood is, maar dit sal eers deur 'n nadoodse ondersoek bevestig kan word.
Teen druktyd was geen verdere inligting beskikbaar nie.
Lees 'n vorige artikel: Bejaarde beswyk ná duik
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'