MOSSELBAAI NUUS - Die afgelope week het al die damme in die Mosselbaai-streek se vlakke gestyg. Die Ernest Robertsondam en die Wolwedansdam se vlakke vergelyk baie goed teenoor die vlakke in die ooreenstemmende tyd van verlede jaar.
Die Ernest Robertsondam het in 2022 94,85% gemeet teenoor nou se 101,36%.
Die Wolwedansdam was 85,05% vol meet nou 100,29%.
Klipheuwel wat laasjaar dieselfde tyd 15,86%.
Die stand van damme is:
29 Mei
- Hartbeeskuildam - 4,86%
- Klipheuweldam - 42,37%
- Ernest Robertsondam - 100,95%
- Wolwedansdam - 100,14%
5 Junie
- Hartbeeskuildam - 5,77%
- Klipheuweldam - 52,56%
- Ernest Robertsondam - 101,36%
- Wolwedansdam - 100,29%
Volgens fotograaf Eugêne Marais is hierdie plaasdam tussen Klein- en Groot-Brakrivier gewoonlik net sowat ‘n kwart vol maar spog dit na verlede week se reën, sommer met baie water. Foto: Eugêne Marais
Die parkeer-area by die Hart en Bosch Village het ook die nagevolge van die baie reën. Foto: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’