MOSSELBAAI NUUS - Na 22 jaar getrou in diens van die Mosselbaai-munisipaliteit, kry Daantjie Kat uiteindelik ‘n nuwe uniform.
Daantjie Kat is ‘n besonder hardwerkende amptenaar wat die afgelope 14 jaar sy-aan-sy werk met assistant-superintendent Maryke Zeeman, terwyl hulle die jongspan touwys maak oor padveiligheid.
Tydens ‘n netwerkgeleentheid van die Mosselbaai Besigheidskamer vroeër vanjaar, het Zeeman verduidelik wat Daantjie Kat alles binne die gemeenskap doen in terme van opvoedingsgeleenthede.
Die portefeuljevoorsitter vir gemeenskapsveiligheid, raadslid Leon van Dyk, het tydens die geleentheid ‘n pleidooi gerig aan lede van die sakegemeenskap om Daantjie Kat se uitrusting te help “opknap”.
Standard Bank het verlede week dié uitdaging aanvaar en hulle het nie gehuiwer om deel te wees van die projek. Binnekort gaan Daantjie Kat spog met 'n nuwe uitrusting. Dié finansiële instelling het ook gesê dat hulle graag teruggee aan die gemeenskap en gaan in die toekoms dit steeds doen om betrokke te raak by verskeie projekte.
Daantjie Kat en sy kollegas van munisipale verkeersdienste, poog om minstens 12 skole per maand te besoek.
Agte: Andre Jonker (Standerd Bank areabestuurder, besigheid), Susan Leendertz (Mosselbaai takbestuurder), Riaan Isaac (Areabestuurder, persoonlike mark), Maryke Zeeman en voor staan raadslid Leon van Dyk. Foto: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’