As deel van die organisasie se verjaardagprogram het hulle ‘n baie spesiale, behoeftige bejaarde vrou se hart gesteel. Dit het weer eens bewys dat hul erns het met die verbetering en opheffing van veral die behoeftiges in die gemeenskap se omstandighede en behoeftes.
Die span het baie vroeg op Saterdagoggend in Van Zylstraat vergader en die huis van Ouma Katriena met vullerstopverf en ‘n lagie verf ‘n "face lift" gegee, werklik ‘n splinternuwe voorkoms!
Hierdie tannie bly in moeilike omstandighede en as bejaarde, wat boonop behoeftig is, is sy nie in ‘n posisie om baie van haar eie behoeftes aan te spreek nie en baie op die hulp van ander aangewese.
Terwyl die jongmense baie hard besig was om die huis se pleisterwerk op te knap, skoon te maak en te verf, kon Ouma Katriena lekker agteroor sit en ontspan en die lekkernye geniet deur wat deur die jeugdiges aan haar voorsien is.
Met die harde werk het die oggend vinnig verby gegaan en teen middagete het inwoners van oral oor kom stilstaan om te kyk na die pragtige handewerk van die jongmense.
Hierdie onbaatsugtige gebaar het Ouma Katriena baie emosioneel gehad. Van die jeugdiges het self ook ‘n knop in die keel weggesluk toe hulle sien hoe aangedaan sy is. Binnekort word die huis ook van binne uitgeverf en kan Ouma Katriena vir die volgende paar jaar haar skoon huis geniet.
Die jeug bedank hul Hemelse Vader dat Hy hulle die krag en wil skenk om hul gemeenskap te kan dien. Hul visie is om hierdie werk te doen vir solank as wat hulle kan.
Ouma Katriena se huisie voordat dit opgeknap is.