MOSSELBAAI NUUS - Die gemeenskapspolisiëringsforum van die Da Gamaskop-polisiestasie, in samewerking met die stasie, die departement korrektiewe dienste en gemeenskapsontwikkelingswerkers het op Vrydag, 21 Julie 'n program aangebied om leerders meer te vertel aangaande die gevolge van dwelmgebruik en -misbruik.
Leerders van Hoërskool Sao Bras en Hillcrest Sekondêre Skool is by die program betrek.
Die groep leerders is van 'n ete, 'n sertifikaat en 'n pakkie wat insluit opvoedkundige literatuur, waterbottel, sleutelhouer, armband en lekkergoed voorsien.
Die program gaan opgevolg word met 'n opstel deur elke leerder waarin hulle hul ondervinding en kennis sal weergee. Pryse sal toegeken word aan die wenner en naaswenner.
Leerders van Hoërskool Sao Bras en Hillcrest Sekondêre Skool het deelgeneem aan 'n bewusmakingsprogram aangaande dwelmmisbruik. Saam met hulle op die foto is die fasiliteerders.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'