MOSSELBAAI NUUS - Polisiepersoneel, insluitend stasie- en eenheidsbevelvoerders van regoor die Tuinroete-distrik, het verlede Vrydag, 29 November, by die Mosselbaai Stadsaal bymekaargekom vir die tweede jaarlikse Tuinroete-distrik Prestige-toekennings.
Die toekennings het die harde werk en toewyding van beamptes, speurders, administrasieklerke, gemeenskapspolisiëringsforums en speurders gevier.
Da Gamaskop-polisiestasie van Mosselbaai het besonder goed presteer by dié aand. Luitenant-kolonel Maria "Koekie" Gerber van Da Gamaskop is as Speurder van die Jaar, vlak 8-12 gekroon.
Sy was ook naaswenner vir Polisievrou van die Jaar.
Speursersant Donovan Geswindt is as naaswenner in die kategorie Sportman van die Jaar aangewys.
Groot wenners was ook Nogcino Khohliwe en Ansie Phillipson, administrasieklerke by Da Gamaskop, sowel as Simphiwe Thundezwa, 'n skoonmaker by die stasie.
Al drie het sertifikate van uitnemendheid vir hul harde werk ontvang.
Die groep sê dat dié toekennings dien as goeie motivering om hulself en hul gemeenskap te dien. "
Dit laat ons goed voel om te sien dat ons pogings erken en waardeer word," het Khohliwe gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’