Vanjaar het hulle een van hulle staatmaker-reserviste, Deon Booysen, se huis opgeknap.
Booysen (31) dien reeds 13 jaar die gemeenskap onder die vaandel van die SAPD Da Ga-maskop. Hy doen gemiddeld 1 800 ure vrywillige diens jaarliks en was in die laaste jaar verantwoordelik vir 200 arrestasies.
Die opknappingsprojek het vroeg in die week reeds begin en beslis meer as net harde werk behels.
Goeie spangees is aangewakker met 'n straatsokker-kompetisie onder die kinders in die omgewing. Bont geklee met hulle gesigte geverf in die landsvlagkleure van verskeie deelnemers aan vanjaar se FIFA Wereldbeker-sokkertoernooi, het die jonges mekaar die stryd aangesê.
Anders as die nederlaag wat Brasilië tydens die FIFA-toernooi gelei het, het KwaNonqaba se 'Brasiliaanse span' die straatsokkerkompetisie gewen, met die 'Duitse span' in die tweede plek.
Die projek word vandag voltooi tydens die amptelike oorhandiging van die perseel.
Foto's van die eindproduk was teen druktyd nog nie beskikbaar nie, maar sal in 'n volgende uitgawe van die Mossel Bay Home Ads News en Mossel Bay Advertiser te siene wees.
Gruis word oopgehark op die skoongemaakte erf van 'n huis wat deur die SAPD Da Gamaskop skoongemaak word as deel van hulle Mandeladag-projek.
Verfwerk word binne en buite die huis gedoen en stene word ingewerk om toegang
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'