Advertorial
MOSSELBAAI SAKE NUUS - Vanaf Vrydag 11 Mei, vind ‘n reuse-uitverkoping by beide die Crazy Creatures-takke en die fabriekswinkel in Diasstrand, plaas.
Volgens die eienaars Elsabe Greyvenstein en Elizabeth Amaro, is dit duidelik dat kliënte moeilike ekonomiese tye beleef en die algemene gevoel is: “Sjoe, alles is so duur!”
Dis hoekom daar besluit is om op alle voorraad ‘n goeie afslag van 30 - 70% aan te bied, wat die pragtige uitrustings bekostigbaar sal maak vir almal.
Daar is ook besluit om die Dias- fabriekswinkel aan die einde van Mei te skuif na Bayside en dan die huidige Bayside-tak te omskep in ‘n permanente fabriekswinkel.
Sodoende sal daar dan voortdurend baie spesiale pryse aangebied word op Crazy Creatures se unieke en funky modes.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'