Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Koffiesessie-forum vir nie-winsgewende organisasies (NWO) in die Mosselbaai-omgewing is Vrydag, 26 Mei, by die Chef's Emporium, Diaz Hotel gehou waar 41 lede van 23 verskillende organisasies mekaar beter leer ken en kon uitvind wat elkeen doen.
Volgens een van die organiseerders van die Community Projects Awareness forum (CPA), Thinus Mouton, is dit belangrik dat die verskillende organisasies van mekaar weet en die projekte waarmee elk besig is.
Nie-winsgewende organisasies moet kan netwerk en saamwerk om sodoende 'n groter impak te maak as wat elkeen op sy eie kan doen.
Dit gaan oor sinergie van die spesifieke vaardighede wat elke organisasie bied. As ons saamstaan kan ons 'n groter impak maak en regtig 'n verskil in die gemeenskap maak. Volgens Francois Botha, is daar 'n geweldige behoefte in die hele Suid-Afrika vir die werk wat NWO's doen, omdat die regering nie meer hul statutêre plig uitoefen nie. "Ons moet volhoubare planne vir die volgende geslag nalaat," sê Botha.
Die CPA forum gee aan organisasies met verskillende vaardighede en beroepe die geleentheid om strategiese vennootskappe te vorm. Volgens Mouton, gaan daar oor die volgende drie maande individuele gesprekke met elke organisasie gedoen word om 'n impak-plan op te stel.
'n Netwerk- en samewerkingstrategie sal dan saamgestel word en na al die lede van die forum versprei word.
Die volgende sessie word vir September beplan, omdat dit ook die seisoen van "new beginnings" is.
Kontak Thinus op 066 561 8248 of communityprojectsawareness@gmail.com
VIDEO - Thinus Mouton and Francois Botha explain the Mossel Bay Community Projects Awareness Forum's goals.
Die gaste luister aandagtig na die spreker tydens die CPA forum se eerste koffiesessie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’